"I see dead people..!" Jy sien hulle gereeld rondom jou: jy sien dit soms op hulle gesigte, en soms in hulle optrede... Mense wat lankal opgehou lewe het (soos Chuck Norris se grappie sê: hy is eintlik al lankal dood, maar die dood is net te bang om hom te kom haal) maar dit dalk nog nie heeltemal agtergekom het nie!
Kan dit wees dat mense se harte hard geword het, hulle op hulle drome opgegee het, die laste van die lewe hulle eenvoudig net moeg gemaak het, en dat die vlammetjie en die sprankel in hulle lewe stadig maar seker doodgegaan het? Is dit nie juis die mense wat Jesus raakgesien het met sy uitnodiging in Mat 11:28 nie? Is dit moontlik dat 'n mens reeds kan dood wees voordat jy sterf, en indien wel, hoe voorkom jy dit?
No comments:
Post a Comment